Thursday, April 12, 2012

Poem for my mother's funeral (Afrikaans version)

met die intrapslag

en altyd was sy bang
haar God sou wreed
wees, maar
toe sy in die hemel kom
sien sy vir Hom
in al sy glorie,
grom Hy toe
hoegenaamd nie vir haar nie

'Annemie, hier is jy nou'
glimlag Hy vir haar
'ja, Ek is die Here
jou God
die Een wie jy so gesoek het
met 'n seer siel
en van wie jy gelees het
in die heilige boek

'kry gerus vir jou
'n koppie tee
en eet daarmee saam
'n stukkie koek'

sy kon haar oē nie glo nie
maar dit was wel waaragtig Hy

'ja, Ek is nog Ek
en jy is nog jy'

met trane van blydskap
wou sy vir Hom omhels
en Hy het haar hand gevat,
sagkens vir haar beduie
'ons het nog 'n hele ewigheid
om te kan gesels'

- Annesu de Vos
12 April 2012
Geleentheidsgedig by haar ma se begrafnis

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Get Complete Handle Over Your hard drive Using Keylogger Applications

My web page :: Optoma HD33 - Www.10Projectors.Com

May 25, 2013 at 10:53 PM  

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home